Afrikaans Begrip
Lees en beantwoord die vrae
Punt: 0
Leesstuk
Dis Amper Winter
Die lang, warm somerdae is verby (over) en die blare op die bome begin rooi en geel word. Dit is nou herfs. Binnekort (shortly) sal dit winter wees. Almal kla (complain) wanneer dit so warm in die somer is, maar hulle kla ook wanneer dit winter is. "Te k-k-koud," kla hulle.
Een vir een val die blare van die bome af. Die swaeltjies (swallows) sit op die dakke en maak planne om te trek. Hulle moet nou meer as sesduisend (six thousand) kilometer vlieg om somer in Europa te vind. Hulle vlieg oor die Saharawoestyn (Sahara Desert). Hulle vlieg BAIE ver net om die somer weer te vind!
"Kom almal," roep Ma. "Winter is net om die draai en julle het warm klere nodig (needed). Julle het gedurende (during) die somer so groot geword dat verlede jaar se truie (jerseys) en sweetpakke (tracksuits) julle nie meer sal pas nie. Ons moet inkopies (shopping) gaan doen om nuwe warm klere te koop."
Hulle koop handskoene, serpe en mussies van al die kleure van die reënboog (rainbow). Elkeen (everyone) kry ook 'n nuwe sweetpak en jeans. "Kyk net hoe mooi lyk julle," sê Ma.
Toe hulle by die huis kom, begin dit saggies (softly) reën. Die kinders hardloop laggend (laughing) in met arms vol inkopiesakke. Pa steek die kaggel (fireplace) aan, en gou brand die vuur lekker warm. Almal sit om die vuur en pas hul nuwe truie aan (fitting). Selfs (even) die hond kry 'n klein rooi mussie wat Ma vir hom gekoop het. Dit is dalk koud buite, maar binne is dit warm en lekker om saam te kuier.
Vraag 1 van 1010%
Watter seisoen is dit nou in die storie?